bewerkbare lande
ledige hande –
die boer speel met 
duiwelswerk,
bevraagteken sy eie 
waarde
die woord 
maal
sonder ophou 
in sy gemoed:
“kurkdroog”
die kudde 
drom saam 
en wei ewig
verder weg van die
indringende 
droogte
die akasia dorings
prik die elektrisiteit in die lug 
wyl die bergwind
hul kreunende; afgematte takke 
oplig
vuur.
is.
onafwendbaar.
ver se gestap
op gebarste hakke 
rande vervaag, sta-dig
angs. 
dors. 
lande.
koring stingles, armsalige mielies, 
gooi hul laaste
bruin gesteisterde blare
na bo
…en hoop op 
fotosintese
verskroeide aarde.
hulpbronbeleid.
hout bied ten minste maklik aan 
om owerhede te braai,
maar, dit is al…
en so versuip ons
in ons soeke na
blou goud. 
– Vertaling deur/translated by Jaco Geldenhuys
 
											 
											 
											 
											Discover observations, moments, poetry
Explore the visual responses
Learn more about the author
Get familiar with the creatives